Krieket: FNB Eagles wen reeks teen Assam June 28, 2025

Die FNB Eagles het Vrydag hul wedstryd teen die Assam Krieketvereniging van Indië met 37 lopies gewen en sodoende die reeks in hul guns beklink. Kaptein Gerhard Erasmus het agt sesse en ses viere geslaan en 109 lopies van 71 balle behaal. Namibië se totaal was 301/5 teenoor Assam se 264/9. Die Eagles gaan Maandagoggend in die vyfde en laaste eendagtoets met ’n 3-1 voorsprong in die reeks in.