Hof weier uitstel van Netanyahu se korrupsieverhoor June 28, 2025

‘n Israelse hof het premier Benjamin Netanyahu se versoek verwerp om sy getuienis in sy korrupsieverhoor uit te stel nadat die Amerikaanse president Donald Trump gevra het dat die saak uitgegooi word. Netanyahu se regsverteenwoordiger het vroeër gevra sy kliënt moet die volgende twee weke verskoon word sodat hy op veiligheidskwessies kan konsentreer na Israel se oorlog teen Iran. Netanyahu en sy vrou, Sara, word daarvan beskuldig dat hulle meer as 4,6 miljoen rand se luukse goedere soos sigare, juweliersware en vonkelwyn van miljardêrs aanvaar het in ruil vir politieke gunste.