VN herdenk 80 te midde van reuse-uitdagings June 27, 2025

Die Verenigde Nasies is 80. Die Handves van die Verenigde Nasies, die grondslagverdrag van die VN, is op 26 Junie 1945 in San Francisco onderteken en het in werking getree op 24 Oktober 1945. Dit het ontstaan uit die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog, met die doel om toekomstige globale konflikte te voorkom en internasionale samewerking te bevorder. Die sekretaris-generaal Antonio Guterres sê al hoe meer oortredings van die Handves word in die huidige tyd aangeteken.