Ronaldo hernu Al Nassr kontrak June 27, 2025
Christiano Ronaldo het na maande se bespiegeling sy kontrak met die Saoedi-Arabiese klub Al Nassr met twee jaar verleng. Die Portugese superster het in 2023 in die koninkryk aangekom om vir die klub te begin speel, wat gelei het tot ’n toestroming van spelers na die olieryke land. Ronaldo was die Pro-liga se voorste doelskieter met 25 doele, maar het nie by Al Nassr ‘n Saoedi- of kontinentale trofee gewen nie. Al Nassr is verlede maand uitgeskakel in die halfeindronde van die Asiatiese Kampioeneliga.