BBP-syfers vir eerste kwartaal bekendJune 27, 2025

Die Namibië Statistieke-agentskap het die BBP vir die eerste kwartaal van die jaar vrygestel. Die gesondheidsektor het in die hersieningstydperk die hoogste groeikoers van 11,4 persent aangeteken, gevolg deur groothandel- en kleinhandel teen 6,5 persent en finansiële dienste-aktiwiteite teen 6 persent. Die werklike toegevoegde waarde van landbou en bosbou, visvang en visverwerking aan boord, en vervaardiging het gedaal. Kosmos 94.1 het gepraat met Mirjam Shihepo, woordvoerder by die agentskap, wat meer inligting gee.