Namibië moet Noorweë se olie-benadering toepasJune 26, 2025

In ‘n ontleding sê Simonis Storm Namibië moet lesse by Noorweë leer oor hoe om oliebronne in die land die beste te benut. Noorweë het ‘n wisselvallige hulpbron geneem en dit in ‘n duursame basis vir voorspoed omskep. Die belangrikste stap was om institusionele veerkragtigheid te bou om langtermyn ekwiteit te bewerkstellig. Die land se soewereine welvaartsfonds wat hy uit sy oliebronne verdien het, is vandag die grootste ter wêreld. Die makelaarsfirma waarsku oor diepgaande risiko sou Namibië fouteer omdat die geskiedenis duidelik is: ‘n oorvloed van natuurlike hulpbronne, wanneer dit nie deur robuuste instellings beheer word nie, lei tot ekonomiese broosheid, toenemende ongelykheid en fiskale wanbestuur.