Von der Leyen sê oorlog-dreigement is eg June 25, 2025

Die Navo-beraad is tans aan die gang in Den Haag in Nederland te midde van spanning in die Midde-Ooste. Daar word verwag dat lidlande, ingevolge president Donald Trump se opdrag, 5 persent besteding op verdediging sal goedkeur. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die afgevaardigdes toegespreek en sê die dreigement van oorlog op die Europese vasteland, is eg.