Nuwe cholera-geval op OpuwoJune 25, 2025

‘n Nuwe geval van cholera is op Opuwo aangemeld, die een nie verwant aan die ander bevestigde gevalle nie. Dit bring die totale gevalle op agt te staan met een pasiënt wat gesterf het. Die 13-jarige seun is volgens die gesondheidsministerie stabiel. Een pasiënt is steeds in die hospitaal. Die lynministerie het vroeër bevestig die stam is Vibrio cholerae 01 wat bekend is daarvoor dat dit uitbrekings veroorsaak.