Iran hef samewerking met IAEA opJune 25, 2025

Iran se parlement het vandag ‘n wetsontwerp goedgekeur om samewerking met die VN-kernwaghond, die Internasionale Atoomenergie-agentskap op te skort. Die staatsnuusagentskap Nournews berig die stap, wat die finale goedkeuring van Iran se Opperste Nasionale Veiligheidsraad benodig om afgedwing te word, volg op die kortstondige oorlog met Israel wat gesê het hy Teheran wou verhoed om ‘n kernwapen te ontwikkel. Teheran ontken dat hy kernwapens soek en sê ‘n resolusie deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap dat Iran sy nie-verspreidingsverpligtinge oortree, het die weg gebaan vir Israel se aanvalle.