Besware ingedien teen hernuwing van Headspring se sertifikateJune 25, 2025

Uraanontginning in die Stampriet-bekken is weer in die nuus. Boere het volgens wat berig word skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy wil sy agt lisensies hernu omdat hulle in Augustus vanjaar veral. Die destydse landbouministerie het in 2021 Headspring se boorpermitte teruggetrek en dus sal die maatskappy nie sy bedrywighede in die kan voortsit nie, selfs al word die sertifikate hernu. Die Vereniging vir Uraanmynbou in die Stampriet-akwifer, Sauma, sê die akwifer strek tot in Botswana en Suid-Afrika en albei buurlande het kommer uitgespreek as sulke mynbou in Namibië sou voortgaan.