NBC probeer NV-verslag oor staking ter syde te stelJune 24, 2025

Die nasionale uitsaaier, die NBC is in die hof vanoggend en vra regter Shafimana Ueitele om die verslag van die staande komitee op menslike hulpbronne oor die staking by die NBC, ter syde te stel. Die direkteur-generaal Stanley Similo sê die verslag is ongrondwetlik en neem nie die inligting wat die uitsaaier voorsien het in ag nie. Hy sê verder die verslag kom vier jaar na die staking in April en Mei 2021 en voeg by dat die maatskappy nie onwettige arbeidspraktyke toegepas het nie. Die uitsaaier dagvaar die speaker en drie ander respondente. Die verslag het onder andere bevind die personeel moet vergoed word vir inkomste verliese.