Talle inbrake, diefstal gevalle aangemeldJune 23, 2025
Inbrake en diefstal het misdaad die afgelope naweek oorheers met minstens sewe voorvalle wat by die polisie aangemeld is. ‘n Gewapende roof het Vrydagoggend op Karibib plaasgevind toe vier mans, gewapen met pistole en messe, by ‘n huis ingebreek het. Hulle het die inwoners vasgebind en van hul besittings beroof. Op Ongwediva is by ‘n kroeg ingebreek en met ‘n dobbelmasjien en ander items buitgemaak. Die waarde is meer as 86 000 Namibiese dollar. ‘n Huisbraak is op Ondangwa aangemeld waarin besittings en kontant ter waarde van 87 000 dollar gesteel is. Toeriste by ‘n lodge naby Waterberg het deurgeloop toe daar Vrydagaand by hul kamer ingebreek is. In Windhoek is ‘n fiets gesteel en by twee motors in afsonderlike voorvalle ingebreek.