Nog geen diagnose vir kameelperdvrektesJune 23, 2025
‘n Groot aantal siek kameelperde sowel as vrektes oor ‘n groot deel van die land word sedert middel April aangemeld, van Okahandja tot in Etosha. Die diere lyk onder andere lusteloos, hulle ore hang, reageer nie op voertuie of mense nie, het afskeidings om die oë en sommige kom blind voor, het oormatige speeksel om die bek en stap moeilik, asof dronk, voor hulle vrek. Sommige plase rapporteer meer as 15 tot 20 karkasse. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ulf Tubbesing, ‘n wildsveearts gepraat wat sê hulle probeer steeds uitvind wat die probleem is, en ‘n diagnose is nog nie gemaak nie.