Oorlog wond ook ekonomie in Iran, Israel June 21, 2025

Die bevolkings van beide Iran en Israel is toenemend onder kwaai ekonomiese druk met die oorlog tussen dié lande wat vir ‘n tweede week woed. Volgens ‘n kenner in Midde-Oosterse politiek aan die Brandeis Universiteit in Boston, prof. Nader Habibi, verlaat diegene wat dit kan bekostig, Teheran en dit plaas weer bevolkingsdruk op die buurlande. In Israel is ekonomiese bedrywighede op ‘n ongekende wyse ontwrig, sê Habibi.