Tshwane behaal regsoorwinnings teen grondgrype, diensmisbruikJune 20, 2025
Die Stad Tshwane sê hy het die week ʼn reeks regsoorwinnings behaal wat sy toewyding bevestig om die oppergesag van die reg te verseker, staatsgrond te verdedig en belastingbetalers teen sistemiese misbruik te beskerm. In die grondbesettingsgeval in Soshanguve het die hof die oprigting van onwettige strukture verbied en beveel dit moet binne 14 dae afgebreek word. In die Makondo-kwessie waar die aansoekers die metro beskuldig dat hy waterdienste onwettig afsny, het die hof die aansoek verwerp. Die metro sê hy is onomwonde gekant teen onwettige gedrag.