Boulter moet 2,4 miljoen pond hoes, sê appèlhofJune 20, 2025
Die appèl deur Tebrak Trading and Contracting in sy saak teen Harvey Boulter het geslaag. Regters Dave Smuts, Petrus Damaseb en Hosea Angula het ook ‘n kostebevel teen Boulter uitgereik. Die saak handel oor ‘n eksepsie wat Boulter teen die Saoedi-maatskappy se eis gemaak het op grond daarvan dat die nodige bewerings ontbreek om ‘n eisoorsaak te staaf, aangesien daar geen voorafgaande erkenning van die vonnis deur die hoërhof van Namibië was nie. Die eksepsie is ter syde gestel. Tebrak het gevra dat ‘n bevel wat hulle in Dubai se hof gekry het, plaaslik afgedwing word. Daardie bevel handel oor net meer as 2,4 miljoen Britse pond wat Tebrak en sy vyf lede in Boulter se maatskappye belê het. Hulle vra ook rente op die fondse sowel as regskostes.