Dangote kuier vandag by NNN June 19, 2025

Aliko Dangote, die bekende Nigeriese sakeman, sal vanoggend om 11-uur, ‘n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah bring in die hoofstad. Dangote, die rykste persoon in Afrika, is volgens Forbes net minder as 24 miljard Amerikaanse dollar werd. Sy fortuin is hoofsaaklik gebou uit Dangote Cement, hoewel hy sy sakeryk begin het deur kommoditeite soos suiker, sout en meel te verkoop. Hy het ook die olie- en gassektore betree en in Januarie verlede jaar sy Lagos-olieraffinadery in werking gestel. Dit produseer diesel en lugvaartbrandstof.