Kamanjab kameelmelk, enigiemand?June 11, 2025
Hier is ‘n interessante boerdery-opsie in ‘n warm, droë klimaat – hoe lyk dit met Kamanjab kameelmelk? Dit is presies waarmee Hans Knoesen van die plaas Koppieskraal duskant Askham in die Kalahari boer. Knoesen het Camel Milk South Africa in Maart 2015 gevestig. Dit was droogte en hy het opsies oorweeg vir sy kameelkudde wat al van sy oupa se tyd af aankom. Hy het ‘n vleismark gesoek, maar toe gehoor mense drink die melk, wat glo baie gesond is. Knoesen vertel self: