Zim reik skietpermitte vir 50 olifante uitJune 4, 2025
Zimbabwe het permitte uitgereik om minstens 50 olifante uit te dun op ‘n reservaat waar daar drie keer meer olifante is as wat die habitat kan onderhou. Die Save Valley-bewarea in die suide van die land is die tuiste van ongeveer 2 550 olifante, terwyl dit ‘n dravermoë van 800 olifante het, volgens die Zimbabwe Parke en Wildbestuur-owerheid. Die bewarea het die afgelope vyf jaar reeds 200 olifante na ander reserwes verskuif om sy olifantbevolking te probeer bestuur. Die olifante se vleis sal onder plaaslike gemeenskappe versprei word, terwyl die ivoor aan die parke-owerheid oorhandig sal word.