Skietery dood (weer) 27 Palestyne wat kos kom haalJune 4, 2025
Reddingswerkers sê die Israeliese weermag het Dinsdag minstens 27 mense naby ‘n VSA-gesteunde hulpsentrum in Gaza doodgeskiet. Die weermag voer egter aan hulle het geskiet op verdagtes wat in troepe se rigting beweeg het. ‘n Soortgelyke skietery Sondag in dieselfde gebied het tientalle Palestyne wat hulp gesoek het, dood en gewond gelaat. Die VN se hoof van menseregte het die aanvalle veroordeel, en sê dis ‘n skending van internasionale reg en ‘n oorlogsmisdaad. Die Israeliese weermag het aangekondig dat drie soldate in die noorde van Gaza dood is.