Karan-situasie raak ons boere, maar uitvoere na SA reeds minderJune 4, 2025

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak en Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van die plaaslike landboukenner Wallie Roux gekry.