Riviere neem af, vertoon steeds beter as in 2024June 3, 2025
Die Namibiese Hidrologiese Diens het die jongste rakende die land se riviervlakke bekend gemaak. In die verre noordooste vloei die Zambezi baie hoër as verlede jaar en is op 4,87 meter gemeet teenoor 2 meter in 2024. Die Okavango by Rundu is ook hoër, op 5,33 meter teenoor 4,67 meter verlede jaar. Ruacana het ook afgeneem en die Kunene vloei tans teen 267,5 kubieke meter per sekonde teenoor 2024 se 158. In die Benede Oranje is die vlak by Blouputs net onder ‘n meter aangeteken.