Kommer oor pryse, uitvoere, na Karan bek-en-klouseer bevestigJune 3, 2025
Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, het positief getoets vir bek-en-klouseer. Die voerkraal sê daar word nou saam met die staat se veeartsenydienste gewerk, en dat alle innames van beeste by sy Heidelberg-fasiliteit tot tyd en wyl gestaak word. Die rimpeleffek hiervan is groot. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak en verkoop sedert 2018 aan Karan. Dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende bestuurder van die buurland se Nasionale Rooivleis Produsente Organisasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Volgens Maré kan uitvoermarkte ook geraak word.