Bruni en McClaren moet groot opdok vir Esau-kostesJune 3, 2025
Die bekende likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren sal moet diep grawe om op te dok vir die regskostes van Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau. Dit kom na die hooggeregshof op 8 Mei die hoërhofbeslissing dat Esau toegang tot 3,4 miljoen Namibiese dollar van sy fondse kan kry vir regsverdediging, gehandhaaf het. Esau, en sy vrou Swamma, wat as tweede respondent gelys is, se regsman, Florian Beukes van Metcalfe en Beukes, se kostes beloop net meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar. Kostebepaling vind vandag plaas.