Windturbine-kragopwekkers by Diaz-windplaas opgerigJune 2, 2025
Die eerste windturbine-kragopwekkers by die Diaz-windplaas naby Lüderitz word tans deur reuse-hyskrane in plek gesit, as deel van fase een van die ontwikkeling. Die werk word gedoen deur Sarens Siba, die Suid-Afrikaanse filiaal van Sarens, die wêreldleier in swaar optelwerk, vervoeroplossings en hyskraan-verhuringsdienste. Die toerusting sluit in 500-ton kruiphyskrane, en 500-ton en 300-ton alle-terrein hyskrane. Die maatskappy sê sodra fase een afgehandel is, sal hy met fase twee begin. Die windplaas sal na verwagting teen die einde van 2025 begin werk, met ‘n energie-kapasitiet van 44 Megawatt wat 230 Gigawatt-uur hernubare elektristeit per jaar sal opwek, of sowat 13 persent van die land se totale kragproduksie.