Kan jy ‘éclaircissement’ spel?May 31, 2025
Die 13-jarige Faizan Zaki het agt ander ervare spellers uitgestof en die 2025 Scripps Nasionale Spelkompetisie in Washington, Amerika, gewen. Faizan van Allen, Texas, was verlede jaar die naaswenner nadat hy in ʼn blits-uitklopronde verloor het. Sy wen-woord was éclaircissement. Buiten Faizan, wie se ouers uit die suide van Indië geïmmigreer het, is 30 van die afgelope 36 kampioene sedert Nupur Lala se oorwinning in 1999, van Indiese-Amerikaanse afkoms.