Sokker: Liverpool skerp op vir volgende seisoen May 27, 2025

Liverpool se voorsitter, Tom Werner, sê hy is reeds besig om die span te verbeter vir volgende seisoen, al het hulle die Premierliga-titel op ‘n drafstap verower. Die Rooies sal vandag die beker in Liverpool vertoon, met derduisende wat na verwagting langs die strate sal toekyk. Jeremie Frimpong finaliseer sy skuif vanaf Bayer Leverkusen as ‘n plaasvervanger vir Trent Alexander-Arnold. Volgens die Duitse media het Florian Wirtz van Leverkusen ook Anfield as sy voorkeurbestemming gekies. Bournemouth se agterspeler, Milos Kerkez, is glo ook gretig om na Liverpool te skuif.