Olieraffinadery: Namibië, Botswana sal omgewing moet beskerm May 27, 2025
Namibië en Botswana sal ‘n streng regulatoriese raamwerk moet daarstel as hulle voortaan met planne om saam in olieraffinadery te bou, sê die gesoute ekonoom, dr. John Steytler. ‘n Raffinadery kan onder meer water besoedel en grond verweer. Aangesien beide lande swaar steun op toerisme en wêreldbekend is vir die bewaring van natuurlewe, sal die regerings voorsorg moet tref en dit kan bedryfskoste laat styg, sê Steytler.