NRU Premierliga se top-vier maak reg vir halfeindstrydeMay 27, 2025

Die top-vier klubs in die Namibië Rugbyunie Premierliga maak nou gereed vir die halfeindstryde. Kudus het Unam die naweek met een punt uitgeskakel na ‘n oorwinning van 40-39. Grootfontein het tuis met 41-39 teen Rehoboth gewen, en Wanderers is steeds onoorwonne na ‘n 78-21 oorwinning oor Western Suburbs. United het sy wegwedstryd teen Dolphin met 59-28 gewen. Die halfeindstryde vind Saterdag by die Hage Geingob-stadion plaas. Wanderers sal met United kragte meet en Kudus met Grootfontein.