Namibië, Proteas wy FNB Namibië Krieketgrond op 11 Oktober inMay 27, 2025

Krieket: Namibië en die Proteas sal op 11 Oktober ‘n historiese T20I in Windhoek betwis. Die eerste internasionale wedstryd tussen die twee senior nasionale partye sal dien as die amptelike opening van die FNB Namibië Krieketgrond. Krieket SA se uitvoerende hoof, Pholetsi Moseki, sê hulle is geëerd om deel van die geskiedkundige geleentheid te wees. Hy voeg by Namibië is ‘n mededingende span, en die wedstryd weerspieël die groeiende sterkte van krieket op die kontinent. Die krieketgrond sal dien as toernooiveld vir die 2026 Onder-19 Wêreldbeker asook die 2027 Krieket Wêreldbeker, wat deur Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe aangebied sal word.