Nalasra se jaarlikse spele begin op Katima Mulilo May 27, 2025
Die Namibiese Sport- en Ontspanningvereniging vir Plaaslike Owerhede, Nalasra, se jaarlikse spele het Maandag op Katima Mulilo begin. Al 57 plaaslike owerhede trek jaarliks saam vir ‘n week van sport soos sokker, netbal en atletiek. Vanjaar se spele vind plaas onder die tema, “Enhancing Wellness Through Physical Activities”.