Grootfontein se lykshuis oorvol, massagraf nodig May 27, 2025

Die staatshospitaal op Grootfontein oorweeg ‘n massagraf vir armlastiges weens die lykshuis wat oorvol is. Volgens die nasionale uitsaaier berg die lykshuis 133 liggame van volwassenes en babas wat sedert 2017 nog nie opgeëis is nie. Die hospitaal sukkel om naasbestaandes op te spoor of grond vir grafte te bekom. Adjunkpremier Natangue Ithete het die naweek tydens ‘n Swapo-vergadering op die dorp ‘n beroep op die munisipaliteit gedoen om grond vir ‘n massagraf beskikbaar te stel.