Gewapende rowers van bejaarde Swakopmund-egpaar aanMay 27, 2025
‘n Bejaarde egpaar is Maandagoggend in hul huis in Emeraldstraat in Ocean View in Swakopmund deur gewapende rowers aangeval. Volgens die polisieverslag het die man om 7-uur opgestaan om die alarmstelsel af te skakel en koffie te maak toe vier gemaskerde gewapende mans hom aangeval het. Hulle het hom in die gesig geslaan en met ‘n skerp voorwerp in die bors gesteek. Hulle het toe die vrou, wat nog in die bed was, vasgebind. Die rowers het met juweliersware, insluitend trouringe, en ‘n pistool wat uit die geweerkluis gehaal is in die egpaar se Toyota Hilux bakkie weggekom. Die bakkie is later verlate in DRC informele nedersetting gevind met die sleutel in die aansitter. Die man is na die Cottage Privaathospitaal geneem vir behandeling en sy toestand is stabiel. Niemand is nog gearresteer nie.