Twee verdrink in NoordeMay 26, 2025
Twee mense het die naweek in Namibië verdrink. ‘n Sewentienjarige seun het Saterdagmiddag in ‘n put by die Okakunda-nedersetting in die Tsandi-kiesfadeling verdrink toe hy sy vislyn uit ‘n put probeer kry het. Op dieselfde dag het ‘n 29-jarige man in ‘n dam by die Onawa-nedersetting by Oshakati verdrink. Ook hy het vis probeer vang.