Ses sterf in gru-botsing op B1May 26, 2025

Ses mense is Saterdagaand in ‘n trompop-botsing op die pad tussen Windhoek en Rehoboth dood. Volgens die polisie het die ongeluk gebeur toe een van die voertuie probeer het om ‘n trok verby te steek. Drie insittendes in die een sedan, almal Suid-Afrikaners, is dood. Die ander sedanmotor het aan die brand geslaan toe ‘n verbygaande bakkie daarin vasgery het. Die twee insittendes, beide Namibiërs, is op die toneel dood. Die bakkie het na bewering weggejaag.