SA wil lewe in ou kernkragreaktor blaasMay 26, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie beplan om die land se heel eerste kernreaktorprojek wat in 2010 gestaak is, te laat herleef en Eskom se kuratorskap oor te neem. Volgens News24 wil Necsa die modulêre korrelbedreaktor gebruik om kernbrandstof en kernkrag te vervaardig. Necsa se uitvoerende hoof, Sengiphile Simelane, sê hulle sal die kernbrandstof by die Pelindaba-fasiliteit in Noordwes vervaardig wat weer in bedryf gestel moet word. Hy sê die fasiliteit sal ook ʼn bedryfslisensie by die Nasionale Kernreguleerder moet kry.