Lilo and Stitch reusetreffer by loketMay 26, 2025
Disney se aksiefliek Lilo and Stitch het tydens sy openingsnaweek die eerste plek op die lys lokkettreffers gehaal. Die fliek handel oor ‘n chaotiese ruimtewese wat in Hawaii neerstort en deur ‘n jong meisie en haar ouer suster aangeneem word. Mission: Impossible – The Final Reckoning, waarin Tom Cruise die spioen Ethan Hunt speel, het op nommer twee geopen. Die sesde aflewering in Warner Brothers en New Line se langlopende gruwelfliek, Final Destination Bloodlines, is derde. Disney en Marvel se Thunderbolts, en Warner Brothers se vampierriller Sinners het die top vyf voltooi.