Jeug bring hulde aan Nujoma, plant bomeMay 26, 2025
Namibiese jeuggroepe het Sondag ‘n boomplantseremonie ter ere van wyle stigterspresident Sam Nujoma gedoen as erkenning vir die rol wat hy in die geskiedenis van die land gespeel het. Volgens die stigter van die Rob Youth Foundation Namibia, Robert Maseka, weerspieël die bome die waardes van Nujoma, naamlik sy onwrikbare toewyding om vrede en eenheid te koester, asook sy strewe om ontwikkeling in Namibië en Afrika as ‘n geheel te bevorder.