Antieke Brugge loop deur onder steendieweMay 26, 2025
België se antieke stad, Brugge vra toeriste om op te hou om plaveistene uit sy historiese strate te steel. Die strate van Brugge word deur Unesco as Middeleeuse strate beskou. ‘n Plaaslike politikus Franky Demon sê na raming verdwyn 50 tot 70 stene elke maand en dit kos die ekwivalent van ongeveer 4 000 rand per vierkante meter om hulle te vervang en die skade te herstel. Hy het aan CNN gesê vermiste of los klippe skep struikelgevare, en stadswerkers moet gereeld gestuur word om herstelwerk uit te voer.