Namdia-rooftogsaak uitgestel na AugustusMay 23, 2025

Die oud-Namdia sekuriteitsbeampte Joel Angula en ‘n mede-beskuldigde, Sam Shololo, het vlugtig in die Windhoekse laerhof verskyn. Hulle word onder meer aangekla van moord op Namdia se sekuriteitshoof, die 58-jarige Francis Eiseb, tydens die opspraakwekkende rooftog op 18 Januarie vanjaar. Diamante ter waarde van sowat 349 miljoen Namibiese dollar is na bewering gesteel. Die saak is uitgestel na 4 Augustus en die beskuldigdes bly in aanhouding.