Mboma, Masilingi nael eersdaags in Rusland May 22, 2025

Onsekerheid heers oor die deelname van Namibië se naellopers, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, teen maandeinde aan die Kip Keino Classic Continental Tour Gold in Kenia. Volgens afrigter Henk Botha wag hulle nog vir die groenlig van die organiseerders, berig plaaslike media. Die twee atlete vertrek wel volgende week na Rusland om aan ‘n ander kompetisie deel te neem, het Botha bevestig.