Nida maak groot beloftes oor 35 000 nuwe posteMay 20, 2025

Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, wil 35 000 werksgeleenthede in die volgende vyf jaar skep, deur middel van sy nuwe strategiese besighedisplan wat duur tot 2030 en sy Volhoubare Besigheidsmodel. Nida se aankondiging kom ten spyte van sy talle mislukkings soos die gesukkel by die Naute Dadelprojek waar krag rekenings nie betaal word nie. Onlangs het Kosmos 94.1 Nuus berig oor die Karakulia-nywerheidspark in Swakopmund wat vir 100 opeenvolgende dae sonder water was omdat die rekening nie betaal is nie. Daar is ook onlangs berig dat 31,2 miljoen Namibiese dollar vir Nida-projekte begroot wat nog nie op die been is nie. Hulle sluit in die 2022-Nkurenkuru klerefabriek, die Ondangwa leerlooiery, die Manyeha krokodil leersentrum, en die Otjiwarongo biomassaprojek. Daar is ook 30 industriële komplekse wat regoor die land gebou is wat stilstaan.