Brittanje, Frankryk, Kanada dreig Israel oor Gaza-aanvalleMay 20, 2025
Die leiers van Brittanje, Frankryk en Kanada dreig met daadwerklike stappe, insluitend geteikende sanksies, as Israel nie ophou met sy hernieude aanvalle in Gaza nie. Meer as 100 mense is die naweek in die nuwe grondoffensief dood. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het onderneem om beheer oor die hele Gaza te neem en om Hamas uit te wis. Brittanje, Frankryk en Kanada het Israel se uitbreiding van sy oorlog as oordrewe gekritiseer en toestande in Gaza as ondraaglik beskryf.