Namibiërs bestee miljoene op tuineMay 17, 2025
Saterdag is tuinmaakdag, iets waarvoor die meeste Namibiërs baie lief is, toon die jongste data van die Namibiese Statistiekagentskap. Volgens die NSA het die land verlede jaar sowat 40,9 miljoen Namibiese dollar se plante, struike en vrugtebome ingevoer, amper dubbel die bedrag in 2020. Die meeste hiervan was uit Suid-Afrika afkomstig.