Moody’s gee VSA kredietklapMay 17, 2025

Amerika is sy perfekte kredietgradering by Moody’s kwyt omdat dié agentskap bedenkinge het oor die VSA se vermoë om sy skuld te delg. Amerika geniet sedert 2017 ‘n trippel-A-gradering by Moody’s, maar is nou na Aa1 afgradeer. Die VSA se skuld sal na verwagting 134 persent van sy bruto binnelandse produk teen 2035 bereik, op van 98 persent verlede jaar. Amerika se ekonomie het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,3% ingekrimp, vergeleke met positiewe groei van 2,4 persent in die laaste kwartaal van 2024.