Namibië, Angola steeds vol Baynes-planneMay 11, 2025

Namibië en Angola is steeds van plan om die Baynes-hidrokragaanleg te ontwikkel, het Staatshuis Saterdag gesê na afloop van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se eerste amptelike besoek aan haar Angolese eweknie João Lourenço. Kragverspreidingslyne en waterkanale in die Noorde is deel van dié oorgrensprojek by die Kunene-rivier. Die twee regerings gaan ook op verskeie ander gebiede saamwerk, insluitend landbou, olie en gas, asook werkloosheid. Die staatshoofde het voorts die belangrikheid van die bou van ‘n spoorlyn tussen Angola en Namibië bespreek.