Swem: Wantenaar laat spat eie Namibiese rekordMay 10, 2025
Ronan Wantenaar het Vrydagaand sy eie Namibiese Ope 200m-borsslagrekord by ‘n internasionale swembyeenkoms in Parys verbeter. Wantenaar het aan die Giant Open-byeenkoms in die Franse hoofstad deelgeneem en het vyfde geëindig in die A-finaal in ‘n tyd van 2 minute en15,27 sekondes. Sy vorige Namibiese rekord was 2 minute en 15,52 sekondes. Die resies is gewen deur Marc Antoine van Frankryk in 2:10,84, met Ivo Kroes van Nederland wat tweede gekom het in 2:13,54 en Carl Aitkaci van Frankryk derde in 2:15,04. Wantenaar het vroeër ‘n tyd van 2:17,54 in sy uitdun aangeteken om vir die eindstryd te kwalifiseer.