Slakkepas met SA-rybewyseMay 10, 2025

Suid-Afrika se enigste rybewyskaart-drukmasjien is weer operasioneel ná ‘n drie-maande-lange onderbreking. Daar is egter steeds ‘n beduidende agterstand van 747 748 kaarte. In Gauteng is daar meer as 252 000 kaarte wat agterstallig is en KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap worstel ook met groot agterstande. Die departement van vervoer se woordvoerder, Collen Msibi, het aangekondig verlengde werksure sal by kantore ingestel word om die verwerkings te bespoedig. Hy sê opdaterings oor die agterstand sal verskaf word soos vordering gemaak word, hoewel die tempo sal afhang van daaglikse bestellings.