NamPower, Namdeb werk saam aan hernubare energieMay 9, 2025
NamPower en Namdeb het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking in die ontwikkeling van hernubare elektrisiteitsprojekte en hulle integrasie in die nasionale kragnetwerk, asook die maatskappy se bedrywighede. Grace Luvindao, Namdeb se bestuurder van korporatiewe aangeleenthede, sê in ‘n verklaring die maatskappy is besig om ‘n 34 megawatt windkrag-aanleg sowat 45 kilometer buite Oranjemund te ontwikkel. Dit sal net krag aan Namdeb lewer. Namdeb, wat deur die regering en die De Beers-groep besit word, bring volgens Luvindao steeds sy bedrywighede in lyn met nasionale doelwitte vir industrialisasie, skoon energie-oorgange en volhoubare ontwikkeling.