Nust vier sy meeste gegradueerdes ooitMay 8, 2025
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het grade toegeken aan 2 804 studente, die grootste aantal in die universiteit se geskiedenis. Volgens Nust vise-kansellier Dr. Erold Naomab merk die klas van 2024 ‘n 40 persent verhoging in gegradueerdes teenoor ‘n dekade gelede, en dit is ook die klas met die meeste meesters- en doktorsgrade wat ooit deur die universiteit toegeken is. Vroue vorm ook die oorgrote meerderheid gegradueerdes. Die gradeplegtighede vind vandag en môre plaas.